Sunday, May 2, 2010









Bierproe aand Graad 12

Die bierproe was 'n reuse sukses! Baie geluk aan M.C en Martin wat gewen het in die kategorie "beste smaak" en F.P en Adriaan vir die beste etiket. Elke groep het 'n kontant prys van R500-00 gewen geskenk deur Villa de la Rosa.

Onthou asb van die volgende bierproe waar ons die gemeenskap betrek by Villa de la Rosa gastehuis! Kaartjies beloop R50pp en sluit 'n bier, sjerrie en likeur proe in! JY MOET OUER AS 18 wees vir die geleentheid! Dit is 7 Mei 18:00 vir 18:30.

Hier is 'n paar foto's van die bierproe. Nogmaals geluk, julle almal was uitstekend!

Saturday, April 3, 2010

'Mythbusters' aand GRAAD 11

Hi almal!

Wil graag net vir jul vra om die blog dop te hou. Hier is 'n paar "pointers":

Johan en Heinrich - jul kan jul pyp langer maak of 'n stuk draad span en sodoende sal jul bottel meer regop beweeg! Jul kan ook die kinetiese energie bepaal (1/2mv2) en later met die wet van behoud van meganiese energie die hoogte bepaal (mgh)van die bottel - kyk na wat ek vir Connie en Percy ook verduidelik het. Dit hoort op dieselfde prinsiep te werk.

Connie en Percival - Jul kan 'n kortpad manier vat deur die eindsnelheid te bepaal wat die bearings bereik net voor dit die soliede yster tref en dit dan gebruik in die vergelyking Ek = 1/2mv2 (kinetiese energie). Nou kan jul met die wet van behoud van meganiese energie bepaal dat Ek (onder) = Ep (bo) en dus kan jul die hoogte uitwerk wat die klein bearing bereik.

Magda en Danel - Ek wil graag he dat jul ook 'n paar klankgolwe moet inteken by jul verslag, ek dink dit sal baie oulik wees.

EG - Jou taak lyk awesome! Ek dink jy het al teveel inligting so ons moet maar die tema golwe NIE insluit nie.

Junior - laat weet my asb. hoe vorder jou taak! Ek het gedink jy kan so 'n bietjie bewegingsvergelykings ook in die taak sit?

Madri en Monica - ek glo jul is op datum! Let asb op na die rubriek! Sterkte!

Laat weet my as jul vashaak!

Thursday, April 1, 2010

Monday, March 22, 2010

FW video bladsy

Indien jy nie genoeg drywing het om die arbeid te verrig nie, het jy negatiewe nagevolge!

Kyk net hoe awesome is dit om klankgolwe te kan sien! Moet dit nie by die huis probeer nie!

Graad 11

Hersieningsoefening
Hier is 'n lekker momentum sommetjie, ek stuur vir jul die antwoorde na die vakansie!

1. Johan hardloop regs teen 8m/s toe hy vir Riaan vasvat wat stilstaan. Nadat hy hom vasgevat het het hul albei na regs beweeg. Bereken die eindsnelheid van Johan en Riaan indien Johan 70kg en Riaan 66kg weeg

Sterkte! Stuur gerus 'n boodskap indien jy vashak!

Graad 12

Hersieningsoefeninge:
Hier is 'n lekker oefening vir die van julle wat belangstel om jul graad 11 werk op te knap! Ek stel die antwoorde direk na die vakansie vry 12/04/10

1. Susan beweeg teen 'n helling van 35 met die horisontaal opwaarts. Indien sy 65kg weeg wat is die krag wat wrywing op haar uitoefen as sy stil staan?

Onthou! Indien jy vashaak kan jy gerus laat weet....

Graad 10

Addisionele hersieningsoefeninge
Hier is 'n paar hersieningsoefeninge vir die wat braaf is! Juffrou sal vir julle die antwoorde na die vakansie 12/04/2010 bekend stel

1). Sarel laat val 'n klip by 'n gebou af. Die klip neem 1.3 s om die grond te tref. Hoe hoog is die
gebou?
2). 'n Voorwerp beweeg vanaf rus met 'n konstante versnelling van 8m/s2 in 'n oostelike rigting. Bereken die grootte van:
2.1 Die eindsnelheid na 5s
2.2 Die verplasing na 5s vanaf rus
2.3 Die gemiddelde snelheid oor die 5s interval

3.) 'n Trein ry teen 28m/s in 'n oostelike rigting op 'n reguit sppor waarna dit vir 5 s rem en dan 'n snelheid van 15m/s bereik. Bereken die trein se versnelling.